Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

Staantyd: 15 minute

SLAAISOUS

  • 2 knoffelhuisies, gekneus
  • 60 ml (¼ k) gekapte songedroogde tamaties in vinaigrette
  • 30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
  • 15 ml (1 e) gekapte vars origanum
  • 30 ml (2 e) olyfolie
  • 15 ml (1 e) balsemieke asyn
  • 5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil
  • vars gemaalde swartpeper

SLAAI

  • 500 g volstruisfilet, gesmeer met ’n mengsel van 10 ml (2 t) Dijon-mosterd, 15 ml (1 e) olyfolie en 5 ml (1 t) sojasous
  • 1 geel en 1 rooi soetrissie, gehalveer 4 tamaties, in kwarte gesny en pitte verwyder, of ’n pakkie klein, heel Romatamaties
  • 500 g pasta soos penne, gaargemaak volgens aanwysings op die pakkie
  • 1 avokado, in skyfies gesny
  • 15 ml (1 e) kappertjiebessies met lang stele (opsioneel)
  • 30 ml (2 e) dennepitte, gerooster (opsioneel)
  • ’n paar vars roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam en hou eenkant.
  2. SLAAI Laat staan die volstruis minstens 15 minute voor jy dit braai.
  3. Verhit ’n riffelpan tot rookwarm en braai die vleis tot bruin en geseël buiteom, maar nog pienk van binne. Sny in skyfies en hou eenkant.
  4. Plaas die soetrissies met die velkant na bo op ’n bakplaat en oondbraai in die verhitte oond tot swart blasies bo-op vorm. Laat in ’n plastieksak afkoel en trek die velletjies af. Sny in repe.
  5. Meng saam met die res van die slaaibestanddele in ’n slaaibak en giet die slaaisous oor.
  6. Voeg die volstruis by en pak op ’n mooi dienbord. Sit voor as ligte ete saam met vars bruinbrood wat in stukke gebreek kan word.