Bereiding: 15-20 minute

Lewer 4 porsies

NEUTSPRINKEL

20 g heel amandels of okkerneute

knypie bruinsuiker

10 g pampoensade

knypie komyn, kaneel en koljander 5 ml (1 t) seesoutvlokkies

SLAAI

1 pak (180 g) gemengde slaaiblare en/of cos-slaai

4 pruime, nektariens, appels of pere, ontkern en in skywe gesny

2-3 jong bete of wortels, skoongeskrop en in papierdun skyfies gesny 8 skywe gerookte forel of hamskaafsels

SLAAISOUS

60 ml (1/4 k) natuurlike jogurt 30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) suurlemoenskil sout en pas gemaalde peper

  1. Sprinkel Meng al die bestanddele behalwe die sout saam en rooster in ’n droe¨ pan tot dit effens verbruin. Voeg die sout by en laat afkoel. Be^re in ’n lugdigte houer as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie.
  2. Slaai Rangskik al die bestanddele vir die slaai op ’n groot dienbord.

  3. Slaaisous Meng al die bestanddele saam en skep oor die slaai. Sprinkel van die neutmeng­ sel oor en sit dadelik voor.

Wenk: Sade is ’n goeie bron van vesel wat bloedsuiker en cholesterol kan help beheer. Probeer sowat 5 ml (1 t) sade saam met sommige maaltye geniet.

Foto: David Briers/Jacques Stander

Bron: Huisgenoot Smulgeregte vir Diabete-resepteboek

KLIEK HIER om jou Huisgenoot Smulgeregte vir Diabete-resepteboek te bestel (Ons aanlynwinkel is oop vanaf 15 Januarie 2016.)