Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 min.

120 g pak gemengde blaarslaai

400 g beet, gerooster

3 eiers, hard gekook en in kwarte gesny

300 g gerookte hoender, in skywe gesny

1 avokado, in skywe gesny

50 g kersietamaties, gehalveer

100 g spekvleis, gaargemaak en gekap

300 g slaaisous

Rangskik die blaarslaai op ’n slaaibord en bedek met die res van die bestanddele. Giet die sous oor net voor jy dit voorsit.

Deur Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander

Stilering: Carmen Petersen