Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 30 minute

250 ml (1 k) bulgurkoring

15 ml (1 e) gekapte origanum

5 ml (1 t) fyn komyn

knippie sout en swartpeper

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

45 ml (3 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) olyfolie

30 ml (2 e) natuurlike jogurt

2-3 knoffelhuisies, goed fyn gedruk

6 stingeluie, fyn gekap

5-10 ml (1-2 t) fyn gerasperde suurlemoenskil

100 g babatamaties, in helftes gesny

halwe komkommer, in klein blokkies gesny

80 ml (1/3 k) gekapte pietersielie

60 ml (¼ k) gekapte kruisement

Meng die bulgurkoring, origanum, komyn en sout en peper saam in ’n bak.

Giet die hoenderaftreksel oor en laat sowat 20 minute staan tot dit uitgeswel het. (Jy kan dit andersins ook 1 minuut in die mikrogolfoond verhit.)

Meng die suurlemoensap, olyfolie, jogurt, knoffel, stingeluie en suurlemoenskil saam en roer deur die bulgurmengsel.

Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

Verkoel tot nodig.

WENK

Bulgurkoring kan met heelkoring of selfs gort vervang word, wat natuurlik eers gekook moet word.