Die bereidingstyd is 10 minute en die gaarmaaktyd is 10 minute.

BESTANDDELE

SLAAISOUS Die bestanddele: 60 ml (¼ k) ekstra suiwer olyfolie; 15 ml (1e) balsemieke asyn;

5 ml (1 t) witsuiker; hand vol vars basilieblare, fyner geskeur; Maldon-sout en vars gemaalde swartpeper na smaak.

TAMATIES: 2 Roma-tamaties, gehalveer en in stukke gesny; hand vol ronde kersietamaties; hand vol baba-Roma-tamaties.

VIS: 500 g vars ansjovis of bevrore stokvis; vars uitgedrukte suurlemoensap; sout en peper na smaak; mielieblom; olie om in te braai.

BROODSPRINKELS: olie; halwe dag oue Italiaanse brood, in growwe stukke gebreek; 45 ml (3 e) vars gekapte pietersielie en/of basilieblare; skil van 1 suurlemoen; 1 rooi brandrissie, ontpit en gekap (opsioneel)

METODE:

SLAAI: Meng al die bestanddele vir die slaaisous. Plaas die tamaties in ’n bak en giet die slaaisous oor.

VIS: Drup die suurlemoensap oor die vis en geur na smaak met sout en peper. Laat staan sowat 15 minute. Druk effe droog en rol in mielieblom. Braai in verhitte olie tot bruin en gaar. Skep uit.

BROODSPRINKELS: Giet nog olie in die pan en braai die stukke brood tot brosbruin. Voeg die res van die bestanddele by terwyl jy braai.

AFRONDING: Rangskik die tamatieslaai op ’n slaaibord of individuele eetborde en stapel die vis bo-op. Rond af met broodkrummels.

Vir variasie: Sit die broodsprinkels apart in ’n bakkie voor.