Genoeg vir 4 mense

Bereidingtyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

500 ml (2 k) rys, gekook en verkoel

2 blikke (170 g elk) tuna, gevlok

250 ml (1 k) bevrore ertjies, ontvries

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

2 tamaties, gekap

3 sprietuie, in skywe gesny

’n hand vol pietersielie, gekap

60 ml (¼ k) mayonnaise

sap van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

1    Plaas die rys en tuna in ’n groot bak. Meng die ertjies, rooi soetrissie, tamaties, sprietuie en pietersielie in.

2    Roer die mayonnaise, suurlemoensap en olyfolie deur en geur met die sout en peper.

- Hope Malau