15 ml olyfolie

1 klein rooi ui, in fyn skywe gesny

1 ? 2  rooi of groensoetrissies, in blokkies gesny

1 ? 2  rooi brandrissies, fyn gekap

5 ml fyn komyn

5 ml fyn koljander

5 ml fyn kaneel

300 ml water

5 ml sout

250 ml koeskoes

125 ml pietersielie en koljander, grof gekap

Sap van een suurlemoen

2 blikke (170 g each) tuna in olie, gedreineer (hou van die olie)

Ekstra koljanderblare vir garnering

Verhit 15 ml olie in ‘n pan en braai die uie vir ‘n paar minute.

Roer die soetrissies, brandrissie, komyn, koljander en kaneel by en braai vir nog ‘n paar minute.

Bring die water en sout tot kookpunt in ‘n klein kastrol en roer die koeskoes  by, verwyder van die plaat en sit die deksel op sodat die koeskoes kan stoom vir sowat 15 minute.

Gebruik ‘n vurk en roer die koeskoes sodat dit los korrels vorm.

Roer die res van die bestanddele by en geur na smaak.

Indien die slaai droog lyk, roer ‘n bietjie van die gedreineerde olie van die tuna deur die slaai.