'n Heerlike ligte maaltyd of selfs bygereg wat jy in 'n japtrap kan voorberei - ook perfek as jy op 'n dieet is.

Genoeg vir 1 mens

Bereiding: 5 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

8 baba-aartappels

½suurlemoen se skil

seesoutvlokkies

10 ml (2 t) laervetslaaisous of -mayonnaise

100 g tuna, in soutwater verpak

hand vol soetrissierepies of -blokkies

½ groen appel, in dun skyfies gesny

¼ middelslagmango, in skyfies gesny

hand vol boontjiespruite

125 ml (½ k) komkommerlinte

hand vol groenrissieblokkies

125 ml (½ k) gaar couscous

80 ml (1/3 k) kekerertjies

  1. Kook die babaaartappels tot gaar in soutwater en dreineer. Sny elke aartappel in die helfte en sprinkel die suurlemoenskil en seesoutvlokkies oor.
  2. Meng die slaaisous of mayonnaise en tuna en meng met die aartappeltjies.
  3. Voeg die res van die bestanddele behalwe die roket by en meng liggies. Rond af met die roket.