Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) olyfolie

45 ml (3 e) witwynasyn

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

SLAAI

12 baba-aartappels

250 g groenbone

4 eiers

100 g bevrore ertjies, ontvries

2 blikke (170 g elk) tuna

  1. Slaaisous: Meng die bestanddele goed.
  2. Slaai: Kook die aartappels oor matige hitte tot sag en sit eenkant.
  3. Kook die groenbone sowat 5 minute of tot gaar in soutwater.
  4. Kook die eiers 4 minute in ’n pot kookwater, laat afkoel en sny in kwarte.
  5. Plaas die ertjies 5 minute in warm water en dreineer.
  6. Rangskik die aartappels, bone, ertjies, eiers en tuna op ’n bord en skep die slaaisous oor.