GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10 min.

4 worsies (van jou keuse)

15 ml (1 e) olie

4 broodrolletjies

60 ml (¼ k) grondboontjies, grof gekap

KOOLSLAAI

¼ kopkool, gerasper

2 wortels, geskil

10 g koljanderblare, gekap

SLAAISOUS

30 ml (2 e) soet brandrissiesous

30 ml (2 e) rysasyn

5 ml (1 t) sesamolie

5 ml (1 t) heuning

SOUS

30 ml (2 e) grondboontjiebotter

15 ml (1 e) sojasous

10 ml (2 t) rysasyn

15 ml (1 e) soet brand-rissiesous

15 ml (1 e) water

  1. Braai die worsies in die verhitte olie en hou eenkant.
  2. Koolslaai Sny die kool in dun skyfies en sit in ’n mengbak. Rasper die wortels en meng saam met die koljander deur die kool.
  3. Slaaisous Klits al die bestanddele saam en meng deur die slaai.
  4. Sous Klits al die bestanddele saam en hou eenkant.
  5. Sny die broodrolletjies oop.
  6. Skep van die koolslaai in elke broodjie en sit ’n worsie op elke broodjie.
  7. Drup die sous oor, sprinkel die grondboontjies oor en sit dadelik voor.