STEAK

15 ml (1 e) olie

30 ml (2 e) terijakisous

2 x 250 g-steaks

SLAAI

Oosterse slaaiblare

6 sprietuie, in repe gesny

½ komkommer, in linte gesny

2 brandrissies, gekap

SOUS

15 ml (1 e) olie

15 ml (1 e) sojasous

5 ml (1 t) bruinsuiker

5 ml (1 t) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 230 °C.

  1. STEAK Klits die olie en terijakisous saam. Marineer die steaks 30 minute daarin.
  2. Seël die steaks in ’n baie warm pan en oondrooster 5 minute.
  3. Laat rus en sny in skywe.
  4. SLAAI Meng die slaaibestanddele.
  5. SOUS Klits alles saam en giet oor die slaai.
  6. Pak die steakskywe op die slaai.