Gebruik verskillende soort kersietamaties; kyk veral of jy die geles kan kry vir ekstra kleur.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

SLAAI

250 g geel kersietamaties

250 g rooi kersietamaties

12 swart olywe, ontpit

30 ml (2 e) kappertjiebessies

100 g bokmelkkaas, in skywe gesny

500 ml (2 k) roketblare

BALSEMIEKE-ASYNSLAAISOUS

2 knoffelhuisies, fyn gekap

25 ml (5 t) olyfolie

60 ml (¼ k) balsemieke asyn

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

10 ml (2 t) sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

SLAAI

Rangskik die bestanddele vir die slaai op ’n plat bord.

SLAAISOUS

Maak die sous en bedruip die slaai. Giet die orige sous in ’n beker en sit dit voor saam met die slaai.

TAMATIEWENKE

*Gebruik altyd ryp tamaties met ’n dieprooi kleur, want dis ’n goeie aanduiding dat dit ryp is.

*Bêre tamaties by kamertemperatuur. Dit smaak soveel beter as ’n koue tamatie.

*Roer altyd ’n klein teelepeltjie suiker by tamatiebredie of -sous, want dit temper die suur smaak.

*Tamaties, veral die gebliktes, bevat baie likopeen, ’n antioksidant wat veral goed is teen kanker. Dit gee ook die

dieprooi kleur.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 21 Januarie 2010