BESTANDDELE

250 g geel kersietamaties; 250 g rooi kersietamaties; 12 swart olywe, ontpit; 30 ml (2 e) kappertjiebessies; 100 g bokmelkkaas, in skywe, gesny; 500 ml (2 k) roketblare.

BALSEMIEKE-ASYNSLAAISOUS

2 knoffelhuisies, fyn gekap; 25 ml (5 t) olyfolie; 60 ml (¼ k) balsemieke asyn; 5 ml (1 t) Dijon-mosterd; 10 ml (2 t) sagte bruinsuiker; sout en vars gemaalde swartpeper.

SLAAI: Rangskik die bestanddele vir die slaai op ’n plat bord.

SLAAISOUS: Maak die sous en bedruip die slaai. Giet die orige sous in ’n beker en sit dit voor saam met die slaai.

TAMATIEWENKE

*Gebruik altyd ryp tamaties met ’n dieprooi kleur, want dis ’n goeie aanduiding dat dit ryp is.

*Bêre tamaties by kamertemperatuur. Dit smaak soveel beter as ’n koue tamatie.

*Roer altyd ’n klein teelepeltjie suiker by tamatiebredie of -sous, want dit temper die suur smaak.

*Tamaties, veral die gebliktes, bevat baie likopeen, ’n antioksidant wat veral goed is teen kanker. Dit gee ook die dieprooi kleur.

Kry nog heerlike kosresepte in Huisgenoot van 21 Januarie.

Het jy dalk 'n lekker tamatieslaai wat jy met ons wil deel? Gebruik die kommentaarveld hieronder om dit te doen.