Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

POFFERS

500 g spaghetti, gekook tot net gaar en gedreineer

1 eier, geklits

30 ml (2 e) gedroogde Italiaanse kruie

45 ml (3 e) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

STEAK

600-700 g steak

30 ml (2 e) knoffel-en-kruiespeserye

15 ml (1 e) olyfolie

SLAAISOUS

30 ml (2 e) balsemieke asyn

60 ml (¼ k) olyfolie

SLAAI

120 g gemengde slaai of kruieblare

200 g kersietamaties, in ’n pan gerooster

Voorverhit die oond tot 230 °C.

Poffers Meng al die bestanddele behalwe die olie en geur met die sout en peper. Verhit die olie in ’n braaipan

en braai hopies van die spaghettimengsel tot goudbruin en bros aan albei kante. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.

Steak Geur die steak met die knoffel-en-kruiespeserye en smeer met die olie. Verhit ’n pan en seël die steaks aan albei kante.

Pak op ’n bakplaat en rooster 5-6 min. of tot so gaar soos verkies. Hou eenkant en laat rus minstens 5 min. Sny in skyfies.

Slaaisous Klits alles saam.

Slaai Versprei die slaai- of kruieblare, tamaties, steak en spaghetti-koekies op ’n slaaibord.

Sit voor saam met die sous.

Jy kan die steak met pangebraaide hoenderborsrepies en die tamaties met geskroeide soetrissies vervang.