Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 3-5 min.

TORTILLAS

45 ml (3 e) olyfolie

4 tortillas

30 ml (2 e) suurlemoenpeper

SLAAI

1 komkommer, in blokkies gesny

1 rooi-ui, in blokkies gesny

1 x 410 g-blik rooi nierboontjies, afgespoel en gedreineer

250 ml (1 k) bevrore

pitmielies, afgespoel en gedreineer, of

1 x 410 g-blik pitmielies, gedreineer

15 g vars koljanderblare, gekap

SLAAISOUS

sap van 2 lemmetjies

45-60 ml (3-4 e) olyfolie

sout en peper

  • Voorverhit die oond tot 230 °C.
  • Smeer ’n groot bakplaat met ’n bietjie van die olyfolie.

  1. Tortillas Sny elke tortilla in 8 wiggies. Pak in ’n enkellaag op die bakplaat en sprinkel die res van die olie oor.
  2. Geur met die suurlemoenpeper en rooster 3-5 min. tot goudbruin. Pak op ’n draadrakkie en laat afkoel.
  3. Slaai Meng alles.
  4. Slaaisous Meng al die sousbestanddele en meng deur die slaai.
  5. Versprei die tortillawiggies op ’n bord, skep die slaai op en sit voor saam met suurroom en ekstra vars koljander.