Bereiding: 15 min

Gaarmaaktyd: 10 min

Genoeg vir 6 tot 8 mense

Bestanddele

30 ml (2 e) olyfolie

400 g stokvisfilette

sout en peper

400 g jong spinasie

400 g roket

125 g kersietamaties, gehalveer

250 g gaar suikermielies

klaargemaakte vinaigrette-sous

METODE

Verhit die olie in ‘n swaarboombraaipan.

Plaas die vis in die pan en braai vir 1-2 minute aan albei kante of tot die vlees maklik skei met ‘n vurk (moenie vlok nie).

Geur met sout en peper.

Haal die vis uit die pan en druk met kombuispapier droog.

Sny versigtig die vis in happiegrootte stukkies en sit eenkant.

Spoel die spinasie, roket en kersietamaties af en droog af.

Sit die roket, spinasie, suikermielies, kersietamaties en vis in ‘n groot slaaibak.

Gooi die vinaigrette-sous oor en meng die slaai liggies met twee skeplepels.

Wenke

*Laat jou gaste self die sous oor hul slaai gooi. Sodoende kan hulle soveel, of so min, gebruik as wat hulle wil.

*Enige ander soort ferm witvis kan gebruik word.