Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 2 minute

1 kg steurgarnale, dop en aar verwyder

sout en peper

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

250 g sampioene, gehalveer

1 sak gemengde slaaiblare

½ komkommer, in skywe gesny

1 ui, in ringe gesny

1 blik (227 g) pynappelstukke

250 g kersietamaties, gehalveer

45 g gewone croutons

1. Geur die steurgarnale met sout en peper. Verhit die olie en botter in ’n braaipan en braai die steurgarnale en sampioene 2 minute of tot die steurgarnale net gaar is. Sit eenkant om af te koel.

2. Meng die oorblywende bestanddele, behalwe die croutons, in ’n groot slaaibak. Voeg die steurgarnale en sampioene by en meng goed. Bedek met die croutons.