Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Rustyd: 10 minute

Genoeg vir 4-6 mense

Geposjeerde appeltjies

500 ml (2 k) rooiwyn

125 ml (½ k) suiker

2 anyssterre

1 kaneelstok

5 naeltjies

5 peperkorrels

4 heel baba-appels (of een per persoon)

Steakslaai

300 g beesfilet

10 ml (2 t) olie

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

1 bossie wilde roket

parmesaankaas (opsioneel)

10 ml (2 t) balsemieke reduksie

1. Geposjeerde appels: Plaas die wyn, suiker en speserye in ’n kastrol en kook 3 minute. Voeg die appels by, verminder die hitte en laat prut 10 minute.

2. Steakslaai: Vryf die vleis intussen met die olie, sout en peper in. Maak ’n pan baie warm en verseël die vleis vinnig aan alle kante. Laat dit goed rus en sny dit dan in dun skywe.

3. Rangskik die roket, appels, filetskywe en parmesaan (indien jy dit gebruik) op ’n plat opdienbord. Bedruip met balsemieke reduksie en sit voor.

- Hope Malau