Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 4-6 mense

SLAAISOUS

5 ml (1 t) worcestersous

30 ml (2 e) olyfolie

10 ml (2 t) bruinsuiker

15 ml (1 e) sojasous

5 cm vars gemmerwortel, in skywe gesny

1 stuk suurlemoengras, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

SLAAI

kookolie vir braai

500 g beesvleis-steakrepies

sout en vars gemaalde swartpeper

2 wortels, in dun repies gesny

100 g rooikool, in dun repies gesny

1 rooi soetrissie, in dun repies gesny

8 sprietuie, grof gekap

½ (100 g) pynappel, in blokkies gesny

80 ml sesamsaad

100 ml vars boontjiespriete

250 g noedels, gaargemaak

basilie- of koljanderblare vir afronding

SLAAISOUS 

Meng die bestanddele vir die slaaisous in ’n glasbak en geur na smaak.

SLAAI

Verhit van die olie in ’n groot pan en braai die beesvleis ’n bietjie op ’n slag oor baie hoë hitte.

Geur met sout en peper.

Skep dit by die slaaisous en hou eenkant.

Meng die wortels, kool, rooi soetrissie, sprietuie, pynappel, sesamsaad en boontjiespriete met die vleis en noedels.

Sit voor met die blare.

WENK: Die geheim van hierdie slaai is dat jy die vleis oor hoë hitte moet gaarmaak. Moenie toelaat dat die vleis prut nie; dit sal taai raak.