Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Marineringstyd: 30 minute

Gaarmaaktyd: 35 minute

MARINADE

30 ml (2 e) olie

10 ml (2 t) suurlemoensap

15 ml (1 e) brandewyn

sout en peper

STEAK

400 g beesfilet

SLAAI

700 g baba-aartappels

30 ml (2 e) olie

sout en peper

125 ml (½ k) beesvleisaftreksel

250 ml (1 k) suurroom

’n hand vol grasuie, gekap

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Meng die bestanddele vir die marinade.

3    Steak: Plaas die filet in ’n niemetaalbak, giet die marinade oor en sit 30 minute eenkant.

4    Verbruin die steak in ’n pan oor hoë hitte tot gaar na jou smaak.

5    Slaai: Kook die aartappels 10 minute in soutwater, of tot sag.

6    Vryf die olie, sout en peper oor die aartappels en verplaas na ’n braaipan. Giet die aftreksel in die braaipan oor die aartappels en bak 20 minute.

7    Laat die aartappels afkoel. Skep die room oor en strooi die grasuie bo-oor.

8    Sny die steak in skywe en sit dit saam met die aartappelslaai en ’n sous van jou keuse voor.

- Hope Malau