Die geheim is om nie te veel sous te maak nie; die slaai moet net lekker klam wees.

Genoeg vir 6-8 mense

Weektyd: oornag

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 40 minute

SLAAI

500 g stampkoring, oornag in kookwater geweek tot uitgeswel

125 ml (½ k) rosyne

125 ml (½ k) sultanas

2 uie, gekap

4 tamaties, in blokkies gesny

1 soetrissie, ontkern en in blokkies gesny

60 ml (¼ k) pietersielie, fyngekap

500 ml (2 k) blaarslaai, fyngekap

SOUS

15 ml (1 e) asyn

15 ml (1 e) suiker

5 ml (1 t) kerriepoeier

1 suurlemoen se skil en sap 15 ml (1 e) heuning

  1. SLAAI Dreineer die stampkoring. Kook die koring sowat 40 minute in skoon water tot sag en dreineer weer.
  2. Kook die rosyne en sultanas in ’n bietjie water tot uitgeswel en laat afkoel.
  3. Meng al die slaaibestanddele.
  4. SOUS Meng al die sousbestanddele. Giet oor die slaai en meng deur. Hou in die yskas.