GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 7 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

SLAAISOUS

15 ml (1 e) heelkorrelmosterd

15 ml (1 e) wynasyn

1 knoffelhuisie, gekneus

50 g bloukaas, gekrummel

45 ml (3 e) olyfolie

sout en swartpeper na smaak

SLAAI

250 g spekvleis, in stukkies gesny

150 g jongspinasieblare, gewas

3-4 hardgekookte eiers, in skywe of wiggies gesny

100 g bloukaas, grof gekrummel

  1. SLAAISOUS Klits al die bestanddele saam tot romerig.
  2. SLAAI Braai die spekvleis in ’n droë pan tot bros en gaar. Dreineer.
  3. Pak die spinasie op ’n slaaibord en rangskik die spekvleis en eier bo-op.
  4. Sprinkel die kaas bo-oor.
  5. Giet die slaaisous oor en sit voor.

WENK

Jy kan die slaai ook met ’n warm sousie voorsit: Giet van die vet waarin die spek gebraai het in ’n kastrolletjie, klop die wynasyn en mosterd saam met ’n bietjie suiker by en geur met sout en peper. Giet warm oor die slaai.