Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

8 hoenderporsies (dytjies en boudjies)

sout en peper

botter en olyfolie

10 knoffelhuisies, geskil

12 baba-uie, geskil

1 kaneelstok

2 stukke steranys

7 ml (1½ t) swartpeperkorrels

2 lourierblare

’n groot hand vol tiemie

500-750 ml (2-3 k) appelsap

2 ml (½ t) fyn komyn

80 ml ( k) bruin druiweasyn of appelasyn

60 ml (¼ k) sojasous

2-3 appels, in wiggies gesny

2-3 pere, in wiggies gesny

SLAAI

bronkors

brie of feta, in stukke gesny

1-2 vars rooi en groen appels, in papierdun skyfies gesny

60 ml (¼ k) pekanneute, gekap

SLAAISOUS

30 ml (2 e) suurlemoensap

45 ml (3 e) olyfolie

5 ml (1 t) heuning

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Geur die hoenderporsies met die sout en peper en braai in die gesmelte botter en olyfolie tot goudbruin. Skep in ’n oondvaste bak.
  2. Braai die knoffel en uie tot bruin. Voeg by die hoender.
  3. Voeg die heel speserye en tiemie by en giet die appelsap oor. Voeg die komyn, asyn en sojasous by en oondbraai sowat 40-60 min. onbedek tot gaar en goudbruin.
  4. Braai die appels en pere in ’n bietjie botter en voeg halfpad deur die baktyd by.
  5. Slaai Pak al die slaaibestanddele op ’n bord.
  6. Slaaisous Meng die bestanddele en giet oor.
  7. Sit die slaai saam met die hoender voor.