GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaaktyd: 15 min.

250 g spekstukkies

1 ui, gekap

1 blik (410 g) botterboontjies, afgespoel en gedreineer

100 g roketblare

45 ml (3 e) balsemieke reduksie

  1. Braai die spek in ’n verhitte pan tot bros. Voeg die ui by en braai verder tot goudbruin. Hou eenkant en laat afkoel.
  2. Meng die boontjies by.
  3. Rangskik die roket op ’n slaaibord en skep die boontjie-en-spekmengsel bo-op.
  4. Sprinkel die reduksie oor en sit voor.