6 soetrissies, ontpit en in kwarte gesny

olyfolie

100 g roketblare

200 g mozzarellakaas/bocconcini

CROUTONS

8 dun snye ciabatta

2 knoffelhuisies

SLAAISOUS

30 ml (2 e) songedroogde-tamatiepesto

45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 t) balsemieke asyn

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Versprei die soetrissies op ’n groot bakplaat en besprinkel met die olie. Rooster 20-30 minute tot geskroei.
  2. Croutons Rooster die ciabatta en skraap met die knoffelhuisies.
  3. Slaaisous Klits alles saam. Meng alles liggies en giet die sous oor.