Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Staantyd: 2 uur

8-10 wortels, skoongeskraap

30 ml (2 e) suiker

15 ml (1 e) gouestroop of heuning

10 ml (2 t) sout

2 ml (½ t) fyn gedrukte knoffel

10 ml (2 t) rissiepoeier

2 ml (½ t) borrie

4 stukke kassia

80 ml (¹/³ k) sonneblomolie

80 ml (¹/³ k) bruinasyn

gekapte vars koljander

  1. Sny die wortels in vuurhoutjiegrootte-repe.
  2. Meng die oorblywende bestanddele behalwe die koljander en giet dit oor die wortels. Laat ’n uur of twee staan.
  3. Garneer met die koljander.
  4. Eet dit dieselfde dag – die slaai gis as dit te lank gelos word.