Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

1 pakkie (100 g) gerookte forel of salm

swart en wit sesamsaad

’n verskeidenheid slaaiblare

’n halwe rooi-ui, in skywe gesny

1 avokado, in skywe gesny

45 ml (3 e) Japannese piekelgemmer

60 ml (¼ k) kappertjiesade (opsioneel)

60 ml (¼ k) ligte sojasous

1 ml (¼ t) wasabi (groen Japannese mosterd)

  1. Rol elke skyfie forel of salm in ’n rolletjie en druk die puntjies in die sesamsaad.
  2. Rangskik die slaaiblare in ’n slaaibak en pak die vis bo-op.
  3. Volg met die uie, avokado, gemmer en kappertjiesade indien verkies.
  4. Meng die sojasous en wasabi as ’n slaaisous en drup oor die slaai.