Bereiding: 6 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

Genoeg vir 4 mense

2 panini-brode

45 ml (3 e) botter

1 avokado

sap van 1 suurlemoen

1 komkommer

30 ml (2 e) gemengde sade (pampoen, sesam, papawer)

60 ml (¼ k) olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

200 g gerookte salmforel

vars kruie (koljander, mikro-kruie, bronkors en vinkel)

1.    Sny die panini’s middeldeur, sny elke stuk netjies en smeer weerskante met botter. Sny die avokado in skywe. Plaas dit in ’n bak, giet die suurlemoensap oor en hou eenkant. Gebruik ’n skiller en sny die komkommer in lang linte. Hou eenkant.

2.    Rooster die sade liggies oor matige hitte in ’n droë pan. Meng die olyfolie, sout en peper en hou eenkant.

3.    Plaas die gesmeerde brood in ’n warm pan en braai weerskante tot goudbruin. Plaas elke sny op ’n opdienbord en pak die avokado, komkommer, salmforel en kruie op. Bedruip met die olyfoliemengsel en strooi die sade bo-oor.

- Hope Malau