Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Genoeg vir 4 mense

250 g mini-tamaties

sout en peper

1 knoffelhuisie

5 ml (1 t) olie

7 heel aspersies

100 g salmforel

’n hand vol slaaiblare

4 eiers

1.    Voorverhit die oond tot 180°C. Plaas die tamaties in ’n roosterpan en geur goed. Voeg die knoffel by en meng. Bedruip met olie en rooster vir 15 minute.

2.    Verhit olie in ’n pan en braai die aspersies tot deurwarm. Sit die eiers in ’n pot vol kookwater, laat prut vir 7 minute en haal uit.

3.    Rangskik die aspersies op opdienborde en bestrooi met tamaties en salm. Bedek met die effens loperige eiers en sit voor.

- Hope Malau