Ons het interessante bestanddele bygevoeg vir smaak, kleur en tekstuur – en die geurige sous is heerlik.

Genoeg vir 12 of meer mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: geen

1 kool, gekerf

½ rooi kool, fyn gekerf

6 wortels, grof gerasper

1 rooi soetrissie, fyn gesny

3 appels, kern verwyder en in

skywe gesny (opsioneel)

125 ml (½ k) grondbone (opsioneel)

SOUS

125 ml (½ k) ligte mayonnaise

60 ml (¼ k) suurroom

¼ ui, fyn gekap

15 ml (1 e) suiker

15 ml (1 e) suurlemoensap

10 ml (2 t) Dijon-mosterd

sout en peper na smaak

45 ml (3 e) gekapte vars kruie soos pietersielie, grasuie of basilie

80 ml (¼ k) melk

Meng die slaaibestanddele in ’n groot bak tot goed gemeng.

SOUS

Meng die sousbestanddele in ’n beker tot goed gemeng.

Die bestanddele lewer sowat 250 ml (1 k) sous.

Sit die sous in die yskas tot benodig.

Giet die verkoelde sous net voor opdiening oor die slaai, meng dit liggies deur en sit dadelik voor as ’n bykos saam met jou hoofmaal.

WENK: Jy kan 30 ml (2 e) fyn gerasperde parmesaankaas by die slaaisous voeg om dit ’n ryk geur te gee. En jy hoef nie grondbone te gebruik nie. Ander neute soos kasjoe-, pekan- of okkerneute pas ook baie goed by hierdie slaai.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot, 8 April 2010