Hilda Williams van Kuilsrivier het hierdie resep met ons gedeel.

Genoeg vir 2 mense

Bereiding: 10 minute

Afkoeltyd: minstens 1 uur

SLAAI

3 gaar hoenderborsfilette,

in repies gesny

½ koolkop, fyn gekerf

3 wortels, in linte gesny

gekapte pietersielie of koljanderblare (opsioneel)

SOUS

125 ml (½ k) natuurlike jogurt

125 ml (½ k) goeie mayonnaise

sap en skil van 1 suurlemoen

sout en swartpeper

  1. SLAAI Meng al die bestanddele saam.
  2. SOUS Meng al die bestanddele saam en meng deur die slaai. Verkoel minstens 1 uur voor dit voorgesit word.
  3. Sit op sy eie voor of staple op ’n rogbroodjie.