Genoeg vir 6 mense

bereiding: 15 min.

Slaai

300 g pitlose groen druiwekorrels

300 g pitlose rooi druiwekorrels

12 stingeluie, gekap

12 stele seldery, in ringe gesny

100 g gekapte pekanneute (vir oorsprinkel)

Slaaisous

125 g roomkaas

125 ml (½ k) Griekse jogurt

5 ml (1 t) heuning

5 ml (1 t) suurlemoensap

2 ml (½ t) gerasperde

suurlemoenskil

  1. Slaai Plaas die groen en rooi druiwe, stingeluie en seldery in ’n slaaibak.
  2. Slaaisous Meng al die bestanddele vir die slaaisous goed en giet oor die slaai.Meng deur.
  3. Sprinkel die pekanneute oor.