Bulgurkoring hoef jy slegs te week, nes jy koeskoes sou gaarmaak. Dit is dus ’n lekker staatmaker om in jou koskas te hê as jy blitsig moet kosmaak. Die resep is genoeg vir vier mense. Die bereidingstyd is 15 minute en die gaarmaaktyd 5 minute.

Bestanddele vir die slaai: 375 ml (1½ k) bulgurkoring; sout en vars gemaalde swart-peper; ¼ blomkool, in klein blommetjies gebreek, vinnig gestoom tot sag, maar nog baie bros; 8 radyse, in stukke gesny; ’n hand vol Italiaanse pietersielie, gekap; ’n hand vol haselneute, gerooster; ’n hand vol dennepitte, gerooster en ’n hand vol okker-neute, gerooster.

Die bestanddele vir die slaaisous is: 1 ml (¼ t) koljandersaad; 1 ml (¼ t) komynsaad; 50 ml oyfolie; 160 ml (²/3 k) tamatiepuree; sap en skil van 1 suurlemoen en bruin-suiker na smaak.

BULGER: Plaas die bulgur in ’n bak, geur met sout en peper en bedek met koue water. Laat week sowat ’n uur tot die meeste water geabsorbeer en die bulgur al dente is. Plaas in ’n sif en dreineer die orige water goed uit.

SLAAISOUS: Rooster die speserysade vinnig in ’n pan en maak dan fyn in ’n voedselverwerker. Voeg die res van die slaaisous-bestanddele by en meng goed.

SLAAI: Meng die res van die slaaibestanddele by die bulgur in en giet die slaaisous oor. Sit voor.