Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny

30 ml (2 e) olie

sout en peper

2 blikke (400 g elk) lensies

250 ml (1 k) groenteaftreksel

5 ml (1 t) fyn koljander

5 ml (1 t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn kaneel

’n hand vol vars pietersielie, gekap

60 ml (¼ k) rosyne

SLAAISOUS

sap van 1 lemoen

15 ml (1 e) heuning

30 ml (2 e) olyfolie

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Rangskik die botterskorsie op ’n bakplaat. Bedruip met die olie en geur met sout en peper. Rooster 20 minute of tot sag.

3    Kook die lensies 10 minute of tot die vloeistof geabsorbeer is in die aftreksel oor matige hitte.

4    Skep die lensies in ’n opskepbak en voeg die koljander, komyn en kaneel by. Skep die botterskorsie, pietersielie en rosyne oor die lensiemengsel.

5    Slaaisous: Meng die bestanddele en giet dit oor die botterskorsie-en-lensieslaai.

- Hope Malau