Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

200 g volgraan-pennepasta

200 g groenbone, skoongemaak

2 x 185 g-blikke tunastukke, gedreineer

’n kop blaarslaai, in skywe gesny

1 geel soetrissie, in blokkies gesny

200 g kersietamaties, in kwarte gesny

8 ontpitte swart olywe

1 rooi ui, in dun skywe gesny

4 gekookte eiers, gehalveer

SOUS

60 ml (¼ k) suurlemoensap

15 ml (1 e) Dijon-mosterd

2 knoffelhuisies, fyngemaal

60 ml (¼ k) olyfolie

’n hand vol kruisement, gekap

vars gemaalde peper

  1. Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en voeg die groenbone by die pot vir die laaste 3 minute se kooktyd.
  2. Plaas die tuna, blaarslaai, geel soetrissie, tamaties, olywe en ui in ’n breë bak.
  3. Sous Klits al die bestanddele saam en geur met peper.
  4. Dreineer die pasta en bone, en voeg by die tunamengsel. Giet die sous oor en meng sagkens deur.
  5. Garneer elke porsie met ’n gekookte eier en sit dadelik voor.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander