As die warm groente in die slaaisous afkoel, kry dit ekstra geur.

Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 40-60 minute

SLAAISOUS

60 ml (4 e) suurlemoensap

30 ml (2 e) ligte sojasous

15 ml (1 e) grasuie, gekap

125 ml (½ k) vars gekapte

pietersielie

suiker na smaak

SLAAI

6 soetpatats, skoongeskrop en in skywe gesny

1 middelslag-ui, in stukke gesny

vars tiemieblaartjies

sout na smaak

80 ml (1/3 k) olyfolie

2 selderystingels, fyn gekap

cos-slaaiblare

125 ml (½ k) kasjoeneute, gerooster en grof gekap

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. SLAAISOUS Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  2. SLAAI Pak die patats en ui in ’n enkellaag in ’n gesmeerde oondpan. Geur met sout, sprinkel tiemie oor en giet die olyfolie oor. Bak sowat 40 minute in die oond tot sag en goudbruin. Draai van tyd tot tyd om.
  3. Giet driekwart van die slaaisous oor die warm groente en laat afkoel. Voeg die seldery by.
  4. Pak die slaaiblare op ’n dienbord en skep die slaai bo-op. Sprinkel die neute en orige slaaisous oor.