Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4 mense

200 g penne-pasta

100 g aspersies

250 ml (1 k) roomkaas

10 ml (2 t) knoffel, fyngedruk

skil van 1 suurlemoen

sout en swartpeper na smaak

125 ml (½ k) swart olywe

125 ml (½ k) ertjies, gaar

200 g filet-steak, verseël

1 avokado, in blokkies gesny

1.    Kook die pasta in ’n pot gesoute kookwater volgens die aanwysings of tot al dente.

2.    Blansjeer die aspersies in kokende soutwater vir 3 minute. Haal dit uit die warm water en plaas dit in yskoue water.

3.    Meng die roomkaas, knoffel en suurlemoenskil in ’n bakkie en  geur na smaak. Roer dit in die warm pasta in.

4.    Voeg die aspersies, olywe en ertjies by die paste en gooi dit in ’n opdienbak. Bedek met skywe verseëlde steak en avokado.

- Hope Malau