GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

4 hoenderborsfilette

30 ml (2 e) hoenderspeserye

15 ml (1 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

SLAAI

4 tamaties, in blokkies gesny

½ komkommer, in blokkies gesny

1 rooi-ui, gekap

1 soetrissie, gekap

sout en vars gemaalde peper

SLAAISOUS

60 ml (¼ k) pietersielie

60 ml (¼ k) koljander

sap en skil van 1 suurlemoen

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

  1. Geur die hoender alkant met die speserye. Verhit die olie en botter in ’n pan en braai die hoender tot goudbruin alkant en gaar. Laat rus minstens 5 min. en sny in skyfies.
  2. Slaai Meng al die slaaibestanddele goed.
  3. Slaaisous Skeur die pietersielie- en koljanderblare in growwe stukkies en meng dit met die res van die slaaisousbestanddele.
  4. Meng die slaaisous deur die slaai, geur met sout en vars gemaalde peper en sit voor saam met die hoender en vars lemmetjies.