Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10-15 min.

PAMPOENKOEKIES

500 g pampoen of botterskorsie

100 ml koekmeel

1 eier

knippie sout

bietjie olie vir braai

KEKERERTJIESLAAI

1 x 410 g-blik kekerertjies, afgespoel en gedreineer

1 rooi-ui, in blokkies gesny

skil van 1 suurlemoen en sap van ½ suurlemoen

2 wiele fetakaas, gekrummel

60 ml (¼ k) olyfolie

2 ml (½ t) fyn komyn

2 ml (½ t) fyn koljander

15 g vars koljanderblare

sout en vars gemaalde peper

  1. Pampoenkoekies Sny die pampoen of botterskorsie in blokkies en kook in water tot sag. Dreineer en druk fyn. Laat effens afkoel.
  2. Meng al die bestanddele vir die pampoenkoekies. Verhit ’n bietjie olie in ’n braaipan. Braai lepels vol van die pampoenkoekiemengsel oor matige hitte tot goudbruin.
  3. Keker-ertjieslaai Meng al die bestanddele en geur met sout en peper na smaak. Sit voor saam met die pampoenkoekies en ekstra vars koljanderblare.