Genoeg vir 3-4 mense.

Bereiding: 10 minute.

Gaarmaaktyd: 10-12 minute

BEET

350 g klein beetjies

80 ml (¹/3 k) lemoensap of 30 ml (2 e) balsemieke asyn

30 ml (2 e) olyfolie

NEUTSTROOISEL

125 ml (½ k) grof gekapte okkerneute

125 ml (½ k) geelsuiker

30 ml (2 e) sesamsade

15 ml (1 e) seesoutvlokkies (nie gewone sout nie)

5 ml (1 t) elk fyn komyn en koljander

15 ml (1 e) fyn kaneel

SLAAI

roketblare

dun lemoenskilrepies

  1. BEET Prik die skil van die beet en plaas almal op ’n bord. Mikrogolf 10-12 minute tot gaar. Trek die velletjies af as die bete aan die groot kant is. Halveer.
  2. Besprinkel met die lemoensap of balsemieke asyn en olyfolie.
  3. NEUTSTROOISEL Meng al die bestanddele vir die neutstrooisel en sprinkel ’n goeie hand vol oor die beet.
  4. SLAAI Plaas die roketblare in ’n bak. Pak die beet bo-op en sprinkel die lemoenskil oor. Sit warm voor.

WENK

Hou die oorskietstrooisel vir ander slaaie. Oor appel en soeterige groente soos pampoen en patat sal dit heerlik smaak. Jy kan dit selfs oor vrugte sprinkel en gebruik wanneer jy plaatkoekies voorsit.