FRIKKADELLE

500 g boerewors

250 g tamaties

125 g (½ pak) nachos

150 g slaaiblare

1 avokado, in stukke gesny

SLAAISOUS

10 ml (2 t) suurlemoensap

30 ml (2 e) olie

sout en peper

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. FRIKKADELLE Druk die vleis uit die wors, maak balletjies en braai 10 minute. Pak die tamaties tussenin en rooster onder die roosterelement tot die tamaties bars.
  2. SLAAISOUS Klits alles saam en meng deur die blare en avokado.
  3. Pak op ’n bord en rangskik die frikkadelle, tamaties en nachos bo-op.
  4. Sit voor saam met Griekse jogurt.