GenoeG vir 6-8 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

1 kg klein uitjies, skoongemaak

knippie sout

SOUS

125 ml (½ k) witasyn

80 ml (¹/³ k) water

80 ml (¹/³ k) suiker

2 ml (½ t) sout

2 groot eiers, geklits

  1. Plaas die uitjies in ’n glasbak en bedek met kookwater. Voeg ’n knippie sout by en mikrogolf 25 minute.
  2. Dreineer en laat staan in ’n vergiettes tot effens afgekoel.
  3. SOUS Meng die asyn, water, suiker en sout goed saam en mikrogolf 2 minute.
  4. Voeg die eiers by, mikrogolf 20 sekondes en klits goed.
  5. Mikrogolf nog 20 sekondes en klits weer goed. As die mengsel aan die agterkant van ’n lepel kleef of soos dun vla lyk, is dit reg.
  6. Plaas die uitjies in ’n bak en giet die sous oor. Laat afkoel en plaas in die yskas.

Wenke

  • Die slaphakskeentjies sal sowat ’n week lank goed in die yskas hou.