GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10-15 minute

Gaarmaaktyd: sowat 20 minute

2 mango’s

1012

steurgarnale

20 ml (4 t) sesamolie

2 knoffelhuisies, fyn gekap

2 cm vars gemmer, geskil en

fyn gekap

1 brandrissie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

’n paar druppels suurlemoensap

250 ml (1 k) mikroblare of gewone blaarslaai

50 g gepelde amandels, gerooster

ekstra sesamolie

  1. Skil die mango’s en sny die vleis in skywe van 1 cm.
  2. Verhit ’n riffelpan en braai die skywe ’n paar minute aan albei kante.
  3. Verwyder die dermpies van die steurgarnale, maar hou die koppe en doppe aan.
  4. Verhit die sesamolie en braai die knoffel, gemmer en rissie ’n paar minute.
  5. Plaas die steurgarnale in die pan en braai nog ’n paar minute of tot gaar.
  6. Geur die mengsel met die sout, peper en suurlemoensap. Skep dit uit en hou eenkant.
  7. Verdeel die blare, steurgarnale, mangoskywe en amandels tussen bakkies en drup die ekstra sesamolie oor.