’n Vinnige, ligte en heilsame maaltyd.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

30 ml (2 e) olie

2 uie, gekap

350 g volstruismaalvleis

15 ml (1 e) fyn komyn

5 ml (1 t) fyn kaneel

10 ml (2 t) borrie

500 ml (2 k) groenteaftreksel

Koeskoes

280 g koeskoes

skil van 2 suurlemoene

’n hand vol vars kruisement, gekap

50 g ongesoute kasjoeneute, gerooster

2 perskes, in skywe gesny

  1. Verhit die olie in ’n groot pan, voeg die uie by en braai 5 min. liggies tot sag. Roer die maalvleis en speserye in en voeg dan die aftreksel by. Bring tot kookpunt en verminder dan die hitte en laat 10 min. prut.
  2. Koeskoes: Berei die koeskoes volgens die aanwysings op die verpakking. Roer die suurlemoenskil en kruisement deur. Geur na smaak.
  3. Skep die koeskoes in borde, stapel die maalvleismengsel bo-op en strooi die kasjoeneute en perskes oor.