Die romerige slaaisous is net so effens smaak  gegee met ’n titsel kerrie. Om dit gesonder te maak, stoom ons die hoender, verminder die mayonnaise drasties en vervang die room met natuurlike jogurt.

15 ml (1 e) olie

1 ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, gekneus

5 ml (1 t) kerriepoeier

1 groot blik (565 g) lietsjies, gedreineer, maar behou die sap

15 ml (1 e) blatjang (opsioneel)

125 ml (½ k) goeie mayonnaise

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

750 g ontbeende en ontvelde hoenderborsies

sout en peper

sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen

cos- en roket-slaaiblare

Verhit die olie en roerbraai die ui en knoffel daarin tot sag.

Voeg die kerrie by en roer deur. Voeg die lietsjiesap by en meng deur.

Kook af tot geurig. Roer die blatjang, mayonnaise en jogurt by.

Geur die hoenderborsies met sout en peper en sprinkel die suurlemoenskil en -sap oor.

Stoom sowat 7 minute tot sag. Skeur in stukkies met ’n vurk. Meng met die sous.

Voeg die lietsjies by. Rangskik die slaaiblare op ’n dienbord, skep die hoendermengsel bo-op en rond af met roketblare.

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.