Genoeg vir 4 mense

600 g baba-aartappels

olie vir vlakbraai

4-6 (250 g) gerookte vark-en-kaasworsies

300 g murgpampoentjies, in growwe stukke gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

sowat 20 ontpitte olywe

SLAAISOUS

30-40 ml olyfolie

15 ml (1 e) aangemaakte mosterd

sap en skil van 1 suurlemoen

1. Kook die aartappels in soutwater tot sag, dreineer en halveer.

2. Verhit die olie in ’n  pan en braai die worsies tot gaar. Skep uit en hou eenkant.

3. Braai die murgpampoentjies ’n paar minute en geur met sout en peper.

4. Sny die worsies in kleiner stukkies en meng met die aartappels, murgpampoentjies en olywe.

SLAAISOUS

Meng die bestanddele vir die slaaisous, geur met sout en peper en giet oor die aartappelslaai.

Deur Bernice van der Merwe, Esther Malan en Carmen Petersen

Foto: David Briers