Koop weggooibare eetgerei om saam te stuur skool toe sodat niemand hoef raas te kry oor verlore goedere nie.

GENOEG VIR 6-8 MENSE

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

PASTA

250 g skulpiepasta

10 ml (2 t) fyn sout

250 ml (1 k) ertjies

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

2 wiele (200 g) kruie-fetakaas, gekrummel

HOENDER

4 hoenderfilette, in blokkies

gesny

skil van 1 suurlemoen, gerasper

5 ml (1 t) olyfolie

sout en vars gemaalde peper

SOUS

45 ml (3 e) olyfolie

15 ml (1 e) balsemieke asyn

15 ml (1 e) suurlemoensap

60 ml (¼ k) vars pietersielie, gekap

  1. Pasta Bedek die pasta met kookwater en voeg die sout by. Mikrogolf 10-12 minute tot al dente. Dreineer, meng die res van die pastabestanddele by en hou eenkant.
  2. Hoender Geur die hoender met die skil, olie, sout en peper. Plaas in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 10-15 minute tot gaar. Roer elke 5 minute.
  3. Sous Klits al die bestanddele saam en geur met die sout en peper. Giet oor die warm hoender en meng goed.
  4. Meng die hoender deur die pastamengsel.
  5. Vir die kosblik Laat die slaai goed afkoel, skep in ’n bakkie met ’n deksel en pak saam met ’n yspak in.

WENK Wees planeetvriendelik en koop bioafbreekbare, weggooibare eetgerei.

- Carmen Niehaus