Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 10 minute

VINAIGRETTE

30 ml (2 e) appelasyn

15 ml (1 e) rooibosteeblare

skil van ’n halwe suurlemoen

15 ml (1 e) heuning

45 ml (3 e) olyfolie

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

sout en peper

SLAAI

1 klein rooikool, fyn gesny

1 klein witkool, fyn gesny

1 rooi-ui, in ringe gesny

5 ml (1 t) elk gekapte gemmer, koljander en ment

2-3 nektariens, in skywe gesny

Vinaigrette Verhit die asyn en rooibosteeblare tot dit net kook. Verwyder van die hitte en laat koel af; dreineer. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

Slaai Meng die kool, uieringe, gemmer en kruie.

Meng die nekatriens by en giet die vinaigrette oor.