Gebruik die koeskoes as ’n basis en roer enige oorskietgroente of vleis by.

Bereiding: 15-20 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Genoeg vir 4-6 mense

KOESKOES

450 ml water

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) olyfolie

500 ml (2 k) koeskoes

15 g botter

BOTTERSKORSIE-EN-FETAMENGSEL

600 g botterskorsie

1 groot ui, in repe gesny

sout en vars gemaalde swartpeper

15 ml (1 e) vars roosmaryn, fyn gekap

60 ml (¼ k) olyfolie

100 g fetakaas, in blokkies gesny roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot oondbak met olie of spuit met kossproei.

  1. KOESKOES Verhit die water, sout en olie in ’n kastrol en giet die koeskoes by die kookwater. Sit die deksel op en laat die koeskoes sowat 5 minute oor lae hitte stoom. Roer die botter by en vlok die koeskoes met ’n vurk. Sit die deksel terug en laat staan vir nog ’n paar minute.
  2. BOTTERSKORSIE-EN FETAMENGSEL Sny intussen die botterskorsie in klein blokkies en sit dit saam met die ui in die voorbereide oondbak. Geur met sout, peper en roosmaryn en sprinkel van die olyfolie oor. Bak sowat 20 minute of tot gaar en goudbruin.
  3. Roer die botterskorsieblokkies by die koeskoes, klam aan met ekstra olyfolie indien nodig en roer die kaasblokkies by. Sit voor saam met roketblare.