Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

4-6 hoenderborsfilette

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) geroosterde masala

15 ml (1 e) olyfolie

SLAAISOUS

125 ml (½ k) mayonnaise

125 ml (½ k) Griekse jogurt

15-30 ml (1-2 e)

geroosterde masala

SLAAI

2 mango’s, geskil en in blokkies gesny

120 g gemengde slaaiblare

4 stingeluie, opsioneel

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper en smeer met die masala en olyfolie.
  2. Pak op ’n bakplaat en rooster 15-20 min. tot gaar. Laat effens afkoel en sny in skywe.
  3. Slaaisous Meng al die bestanddele en geur met die sout indien nodig.
  4. Slaai Versprei alles op ’n slaaibord. Pak die hoenderstukkies op en sit voor saam met die sous.